GM-ProdK7-1_3

Visvang

Stilte, Sielerus en Spanning op die Lyn.

Laat die wêreld stadig stil raak soos jy jou voete in die koel sand indruk en die son oor die water glinster. Gramadoelas bied begeleide visvang toere en die visvang is nie net ’n stok en ’n lyn nie, dis ’n ervaring wat jou nader bring aan die natuur, aan jouself, en aan die eenvoudige vreugdes van die lewe.

Ons neem jou na visplekke waar die enigste klank die plons van ’n vis of die roep van ’n visarend is. Hier vang jy nie net jou aandete nie, jy vang rus, refleksie en herinneringe.

Of jy nou ’n ervare hengelaar is of net begin, ons skep die ruimte vir almal, van stil oggende met ’n koppie koffie op die oewer, tot opwindende oomblikke wanneer die lyn begin trek en die adrenalien pomp. En as die son sak, word die dag afgesluit met stories, lag en ’n vis op die kole.

BORGE

GALERY